Vrou glo as seksslaaf aangehou in myn

ʼn Vrou wat glo ontvoer is deur onwettige mynwerkers en as ʼn seksslaaf ondergronds aangehou word, is steeds vermis.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, sê die polisie soek steeds na die vrou wat Saterdag 10 Maart by ʼn myn in Welkom verdwyn het. Thakeng sê vier vrouens het glo op die dag die myn besoek om vir hulle kêrels te kuier toe hulle glo deur ʼn groep mans van Lesotho ontvoer is. Die mans werk glo as onwettige mynwerkers in die Welkom area. Thakeng sê drie van die vrouens kon daarin slaag om te ontsnap. Die vierder vrou (28) se klere is Sondag in ʼn veld naby die myn gevind. Die vermiste vrou se suster het glo die polisie gekontak en beweer haar suster word as ʼn seksslaaf deur die onwettige mynwerkers aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.