Vrou glo deur dronk veiligheidswag doodgery

ʼn 20-jarige vrou is Saterdag glo deur ʼn veiligheidswag doodgery wat vermoedelik ʼn sekuriteitsvoertuig onder die invloed van alkohol bestuur het.

Sersant Philani Nkwalase, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die 33-jarige Kabelo Mathikga het Maandag in die Mahikeng-landdroshof verskyn op aanklagte van dronk bestuur en strafbare manslag.

“Mathikga is Saterdag na die ongeluk in hegtenis geneem. Die ongeluk het naby die poskantoor in Montshiwa plaasgevind. Volgens ooggetuies het hy in sy sekuriteitsvoertuig, ʼn wit Ford Ikon, gery toe hy ʼn voertuig by ʼn kruising verbygesteek het. Die 20-jarige vrou was besig om die pad oor te steek toe sy voertuig haar getref het. Sy is op slag dood,” het Nkwalase gesê.

Inwoners en skoolkinders wat die ongeluk sien gebeur het, het Mathikga aangeval en sy voertuig beskadig. Die polisie moes tot sy redding kom.

Mathikga se saak is tot 3 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Hy gaan tot dan in aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.