Vrou glo deur kêrel ontvoer, aangehou

ʼn Man is in Ventersdorp in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie ontvoer, aangehou en probeer vermoor het.

Kapt. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die vrou se kêrel het haar glo op 29 Maart van haar huis ontvoer. Die vrou beweer sy is met ʼn graaf aangerand, met ʼn das gewurg en in haar kêrel se huis toegesluit. Myburgh sê die vrou se familie het ʼn soektog van stapel gestuur en haar in die man se huis gevind. Die kêrel is Vrydag in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn. Die vrou is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.