Vrou glo in begraafplaas verkrag

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou in ʼn begraafplaas in Noordwes verkrag het.

Kapt. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die 20-jarige vrou het glo by ʼn kroeg in Phokeng gekuier toe sy deur ʼn 37-jarige man, wat aan haar bekend was, gedwing is om saam met hom na die begraafplaas te gaan. Myburgh sê die man het die vrou glo gedwing om haar klere uit te trek waarna hy haar glo verkrag het. Die vrou het die voorval by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Die polisie in Noordwes soek intussen na ʼn man wat glo ʼn 92-jarige vrou van Mmakau herhaaldelik verkrag het. Myburgh sê die man het by die vrou se huis ingebreek waarna hy haar glo vir drie ure herhaaldelik verkrag het.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het intussen die twee voorvalle as “afskuwelik” beskryf. Modise het onder meer ʼn beroep gedoen op vroue om hoë-risiko plekke soos kroeë, wat hul kwesbaarheid kan verhoog, te vermy aangesien oortreders dikwels vroue wat onder die invloed van alkohol is of ʼn saamrygeleentheid benodig teiken. Modise sê daar is geen plek in die samelewing vir mans wat vroue soos voorwerpe behandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annamarie Botha ·

Dis hartseer dat sulke dinge gebeur. Geen vrou verdien dit nie. Maar wat van die bejaarde wit vrouens wat verkrag en vermoor word. Daar word niks daaroor gese nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.