Vrou glo verkrag deur nefie en sy vriend

Twee mans is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 23-jarige verkrag het.

“Die vrou het Sondagoggend omstreeks 01:30 van ‘n partytjie in Ndabakazi naby Butterworth na haar huis teruggekeer toe die voorval plaasgevind het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie gesê. “Sy het haar nefie en sy vriend gevra om saam met haar te stap. Beide mans, altwee 22 jaar oud, het haar toe glo verkrag.”
Die twee mans is kort na die voorval in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Butterworth verskyn waar hulle van verkragting aangekla sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.