Vrou glo vir twee weke aangehou, verkrag

Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na vier mans wat glo ʼn vrou ontvoer, vir twee weke aangehou en herhaaldelik verkrag het en nog ʼn vrou doodgeskiet het.

Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 22-jarige vrou het glo op 12 September haar huis verlaat om te gaan inkopies doen. Terwyl die vrou by ʼn taxistaanplek gewag het, het ʼn man haar glo na ʼn wit taxi gewys. “Daar was vier mans in die taxi. Die taxi het nog ʼn vrou opgelaai en na suikerrietvelde in Empangeni gery.” Mdunge sê die taxi het die vier mans en twee vroue afgelaai en weggery waarna die mans die vroue om die beurt verkrag het. “Hulle het die vroue hierna in ʼn swart Toyota Corolla gelaai en na ʼn huis sonder vensters of ventilasie geneem waar hulle weer verkrag is.” Een van die vroue het glo teruggeveg en is doodgeskiet. Die ander vrou is Woensdag deur die polisie gered nadat haar ontvoerders haar na ʼn kitsbank geneem het om geld te trek wat haar familie glo as losprys betaal het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ken Botes ·

Rape Victims: Kontak my.Ons is besig om n organisasie op die been te bring om die euwel te beveg.
Hoe meer ondersteuners ons bekom hoe beter.
Dankie
Ken Botes
Epos [email protected]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.