Vrou grusaam vermoor

ʼn Vrou is dood nadat sy glo minstens 52 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek is in Sutherland in die Noord-Kaap.

IOL berig dat Let Hanekam (41) se keel en maag ook gedeeltelik oopgesny is voor haar hare glo aan die brand gesteek is. Die moord het glo kort voor Kersfees plaasgevind. Die polisie vermoed dat Hanekam ook verkrag is voor sy vermoor is. Volgens die berig vermoed inwoners nou dat Hanekam se moord moontlik die werk van ʼn reeksmoordenaar is na ʼn soortgelyke moord sowat drie jaar gelede. ’n Plaaswerker, Isak van Wyk, is glo in 2009 op die plaas Gunsfontein met ʼn skerp voorwerp gesteek, keelaf gesny en aan die brand gesteek is. Die hoofverdagte in Hanekam se saak is glo die man war vroeër van Van Wyk se moord aangekla is. Die man is egter vrygelaat nadat die polisie glo nie genoeg bewyse teen hom gehad het nie. Volgens die berig is die man weer in hegtenis geneem en wag die polisie op die uitslag van forensiese toetse wat hom moontlik aan die moord kan verbind. Hanekam laat haar man en drie kinders agter.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.