Vrou hof toe oor kat

ʼn Vrou van KwaZulu-Natal het ʼn dringende aansoek voor die Durbanse hooggeregshof gebring om haar kat terug te kry wat sy sowat ses maande terug weggegee het.

Die Star berig dat Juliette Botha die katjie, wat sy in April vanjaar aan die Suidkus gered het, in Mei vanjaar aan ander diereliefhebbers gegee het. Botha het egter intussen van plan verander en wil die kat terughê. Die Scott-gesin van Westville in Durban weier egter om die kat vir Botha terug te gee en sê die bewerings teen hulle is verregaande. Botha is ʼn deeltydse professor by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Botha voer in hofdokumente aan dat die kat baie siek was toe sy hom gekry het en dat sy hom versorg het. Botha sê sy het ʼn aannemingsvorm opgetrek waarvolgens sy toegelaat moet word om ʼn opvolgbesoek te doen en te besluit of die kat die nodige sorg ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.