Vrou in hegtenis na moord op wildboer

ʼn 31-jarige vrou moet Woensdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn in verband met die moord op David Alexander Barclay, ‘n wildboer van Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder, sê Barclay (66) is Saterdagaand op die stoep van sy huis in die Lindburg Lodge-wildreservaat in Vaalbochfontein doodgeskiet. Hy het glo ʼn skietwond aan sy nek gehad. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Niks is tydens die aanval geroof nie.

Die verdagte is later die aand in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.