Vrou in hof, agt jaar ná moord

Die vrou wat in hegtenis geneem is nadat ʼn speurder haar in ʼn koerantberig herken het as ʼn verdagte van ʼn moord wat agt jaar gelede gepleeg is, het Maandag in die hof verskyn.

Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het Dinsdag gesê Noluvuyo Sogayise (32) het Maandag op aanklagte van moord in die Butterworth-landdroshof verskyn.

Sy word daarvan verdink dat sy op Kersdag in 2005 vir Busisa Ntwanambi (22) doodgesteek het.

Maroela Media het Saterdag berig Sogayise is in hegtenis geneem nadat die ondersoekbeampte van die moordsaak haar in ʼn koerantberig herken het nadat sy by die Philippi-Oos-polisiestasie in Kaapstad geboorte geskenk het. Lees meer hier.

Sogayise se saak is tot 5 Mei uitgestel wanneer sy weer in die hof moet verskyn. Sy bly in die polisie se aanhouding tot dan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.