Vrou in hof oor Amerikaner se moord

Argieffoto

‘n 29-jarige vrou wat van die moord op die Amerikaner Christopher “Norm” Bates beskuldig word, het Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Lerato Mogapi het met ‘n blou oog in die hof verskyn. Landdros Jonathan du Plessis het aan haar verduidelik dat haar saak moontlik in die hooggeregshof aangehoor sal word, en indien sy skuldig bevind word, sy moontlik lewenslange tronkstraf opgelê sal word.

Mogapi het gesê dat sy vir regshulp aansoek sal doen. Die saak is tot 22 Januarie uitgestel. Sy sal tot dan in polisie-aanhouding bly.

‘n Man en vrou, wat vermoedelik Mogapi se familielede is, het die hof net ná die verrigtinge verlaat. Die ontstelde vrou wou nie met die media praat nie.

Mogapi word daarvan beskuldig dat sy die 41-jarige Bates Sondag met ‘n mes in sy woonstel in Illovo doodgesteek het. ‘n Sekuriteitswag het ‘n vrou glo hoor gil en toe hy ondersoek gaan instel, het hy Mogapi glo met ‘n mes in haar hand sien staan en Bates het op die vloer gelê met verskeie meswonde in sy bors. Bates is op die toneel dood.

Die polisie het Mogapi in hegtenis geneem en beslag gelê op die vermeende moordwapen.

Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie.

Bates het in die IT-afdeling by die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.