Vrou in koma na klip in gesig

ʼn Bejaarde vrou van Clocolan in die Vrystaat is in ʼn koma nadat betogers haar in haar gesig met ʼn klip gegooi het.

Volksblad berig dat Isabel Hugo (67) en haar dogter Elsabe (27) se bakkie deur die betogers omsingel is buite die dorp. Die betogers het die pad met klippe en doringdraad versper en verbygaande motors met klippe gegooi. Hugo is deur die oop ruit met ʼn klip in die gesig gegooi. Sy het haar bewussyn verloor en die bakkie het die pad verlaat en in ʼn veld tot stilstand gekom. Hugo het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn koma. Die betogers het gister na die landdroshof opgeruk nadat 82 ander betogers verlede week in hegtenis geneem vir openbare geweld en saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met gister se voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.