Vrou in muur vasgeslaan na sy van waterponie afgegooi is op Vaaldam

ʼn Vrou is beseer nadat sy in ʼn muur vasgeslaan het terwyl sy op ʼn waterponie gery het op die Vaaldam.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die vrou en ʼn man het Saterdagmiddag by die Marina aan die Deneysville-kant van die dam aangekom toe die waterponie omgekeer het en die vrou afgegooi is. Jackson sê die 24-jarige vrou het teen ʼn muur vasgeslaan en is vir moontlike rug- en nekbeserings behandel. Die man is nie beseer nie. In nog ʼn voorval is ʼn getroude paartjie gered nadat hulle seiljag Saterdag omgeslaan het naby Groot Eilandin op die Vaaldam. Die paartjie is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.