ʼn 26-jarige vrou is Donderdag deur weerlig in Noordwes doodgeslaan.
Kaptein Adéle Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die vrou was besig om hout op te tel toe weerlig haar omstreeks 17:15 getref het.
Die voorval het naby die Moreteli informele nedersetting in Pudimoe naby Taung plaasgevind.
“Ikanyesang Seabelo is op die toneel dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Myburgh gesê.
Ekskuus, niks disrespekvol nie… Maar ‘n geregtelike ondersoek? Regtig? Dis weerlig!