Vrou in Randburg doodgery

‘n Voetganger in haar 20s is Sondagaand in Randburg dood nadat sy die N14 wou oorsteek.
“Die vrou was omstreeks 19:30 besig om die snelweg naby die Malibongwe-afrit oor te steek, toe ‘n bakkie haar getref het. Die vrou het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici op die toneel gekom het,” het Vanessa Jacskon, ‘n woordvoerder van ER24, gesê. Die insittendes van die voertuig is ongedeerd. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.