Vrou jaag 214km/h met BMW

Argieffoto

‘n Vrou van Johannesburg is oor die naweek in hegtenis geneem nadat sy teen 214km/h met ‘n BMW op die N1-snelweg gejaag het.

Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die vrou is op die N1-suid nadby Midrand afgetrek. “Sy het aan beamptes gesê sy is haastig om by haar huis in Florida uit te kom. Sy beweer sy moes van haar huis af werk en dat sy laat werk,” het Minnaar gesê. Die vrou sal Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn saam met sewe ander motoriste wat ook vir spoed oor die naweek in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.