Vrou jaag glo oor vlug, dokter oor noodgeval

Twee jaagduiwels is die naweek op die N1-hoofweg in hegtenis geneem vir spoedoortredings.

Buspahi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, sê ʼn 32-jarige vrou is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy teen 210km/h in ʼn 120-km/h-sone betrap is. “Die vrou het beweer sy is op pad huis toe en dat sy moet voorbereiding moet tref vir ʼn vlug ʼn paar uur later.” Die vrou beweer sy was op pad huis toe van ʼn begrafnis in Polokwane. Sy is na die Sinoville-polisiestasie geneem en sal na verwagting vandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en oortreding van die spoedgrens. Nxumalo sê ʼn dokter is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hy teen 180km/h betrap is op die N1. “Hy beweer dat hy op pad was na ʼn noodgeval. Verkeersbeamptes kon nie die bewering bevestig nie aangesien die dokter nie vir hulle ʼn nommer van die hospitaal kon gee nie.” Die man is in hegtenis geneem en na die Hammanskraal-polisiestasie geneem. Hy sal ook na verwagting vandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en oortreding van die spoedgrens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.