Vrou jok glo oor beserings in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Johanna Magdelena Serfontein (48), wat glo ‘n valse beseringseis by die Padongelukkefonds (POF) ingedien het, het Woensdag in die Belville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

Volgens die klagstaat het Serfontein glo in November 2009 met haar Toyota Hilux by die parkeerterrein van die Nedbank-tak in Kuilsrivier agteruit in ‘n ander voertuig vasgery. Volgens staatsaanklaer W Gibson was die skade minimaal, maar Serfontein het ‘n eis van R155 745 by die POF ingedien.

Sy het glo in die eis aangevoer dat sy skerp moes rem trap vir ‘n voetganger in die parkeerterrein en die voertuig agter haar het toe glo in haar vasgery. Sy het die eis ingedien vir beserings wat sy in die voorval opgedoen het, en het mediese verslae van sewe mediese praktisyns en die Melomed-hospitaal ingedien. Volgens die klagstaat het die POF die eis verwerp.

Serfontein het Woensdag vir die vierde keer in die hof verskyn sedert Julie. Sy is op ‘n waarskuwing vrygelaat, maar landdros Sabrina Sonnenberg het bepaal dat sy op 21 November weer in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sylvia ·

Sy kort seker geld dis hkm sy valse eise in gedien het hoe laag kan jy daal da is mense wat dit regtig nodig het nie net omdat hulle in nood is nie. Jy dien net sulke goed in as jy regtig baie ernstig seer gekry het of oorlede of verlam is

Connie Joubert ·

Dis deur sulke vals eise dat ons mense wat regtig erg beseer is nie regmatige vergoeding kry nie en ons mediese sertifikaat nie in werking kom nie. Ek wag nou al vier jaar dat my mediese sertifikaat kan intree maar ek moet wag. Moedeloos verby al en nou moet ek maar wag vir my heupvervanging na die heup vergruis is in my ongeluk.

Jasper ·

Wat sy gedoen het is verkeerd en sy moet die gevolge dra. Ons lees daarvan want sy is WIT.
Waar is al die ander miljoene wat deur Amptenary en vriende geplunder is heen ?

annette ·

maak nie saak die kleur nie, wat verkeerd is is verkeerd. hopelik het sy mediese sertifikate ook ingedien. gelukkig was iemand op en wakker met die eis. So leer mens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.