Vrou kla polisie aan vir aanranding

Die vrou wys 'n kneusplek na polisie haar in hegtenis geneem het. Foto: EWN

ʼn 35-jarige vrou van Johannesburg het kriminele klagtes teen die Douglasdale-polisie aanhangig gemaak na beamptes van dié stasie haar glo aangerand het.

Sy het Maandag aan EWN vertel hoe dinge lelik skeefgeloop het nadat hulle haar verlede week vir beweerde dronkbestuur in hegtenis wou neem. Sy vertel hoe sy geklap, geskop en geslaan is voor sy in ʼn vangwa geboender is.

Die polisiebeamptes het haar glo laat in die aand vir beweerde dronkbestuur afgetrek. Die vrou beweer sy weet nie hoekom die polisiemanne gewelddadig begin optree het nie. “Ek is op my wangbeen geslaan. Een van die polisiemanne het my geskop en gesê, ‘dit is hoe die polisie dinge in Suid-Afrika doen’,” het sy gesê.

Die saak teen haar is voorlopig deur die hof teruggetrek. Die stasiebevelvoerder in Douglasdale gaan persoonlik die voorval ondersoek, sowel as klagtes vir verset teen inhegtenisname en aanranding.

Die beamptes beweer die vrou het inhegtenisname verset omdat sy dronk was.

Sien beeldmateriaal op EWN se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.