Vrou kry 48-uur tjoekiestraf, sit 154 dae

Destiny Hoffman

Destiny Hoffman

Destiny Hoffman (34) van Jefferson in die VSA, wat tydens ‘n dwelmverhoor deur die regter 48 uur aanhouding opgelê is, is uiteindelik na 145 dae vrygelaat toe ‘n adjunk-aanklaer deur lêers gewerk het en op die fout afgekom het.

Hoffman gaan waarskynlik ‘n siviele eis teen die distrik waarin sy aangehou is, instel. Intussen het die aanklaers laat weet dat alle aanklagte teen haar teruggetrek is.

Hoffman het aan ‘n program, wat as die Clark County Drug Court Treatment Program bekend staan, deelgeneem toe die regter haar as deel daarvan ‘n twee dae “sanksie” opgelê het, maar nie die tronkowerhede laat weet het om haar weer vry te laat nie.

Bron: News and Tribune

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.