Vrou kry parkeerboete van byna R1 miljoen

Argieffoto

ʼn Vrou van Chicago in Amerika moet nagenoeg R1 miljoen opdok vir ‘n parkeerkaartjie van ʼn voertuig wat skaars R5 000 werd is.

Die ABC het Donderdag berig Jennifer Fitzgerald het verlede jaar die hof genader om die boetes, wat oor ʼn tydperk tot $105 000 (R938 395) opgehoop het, ongeldig te verklaar. Die voertuig het vir nagenoeg drie jaar lank in ʼn parkeerarea by die O’Hare-internasionale lughawe gestaan.

Fitzgerald het gesê sy kan nie vir die boetes verantwoordelik gehou word nie,  omdat haar voormalige kêrel die voertuig in ʼn parkeergebied vir werkers by die lughawe gelos het.

Die regter het Woensdag haar versoek van die hand gewys en gesê sy en die stad moet ʼn ooreenkoms aangaan om ʼn skikking te bereik.

Roderick Drew, van die stad se wetgewingdepartement, het gesê dit is sover die grootste boete wat in die stad uitgereik is.

Bron: ABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.