Vrou laat glo toe dat kind gemolesteer word

ʼn Kaapstadse sekswerker het Donderdag in die hof verskyn nadat sy glo toegelaat het dat ʼn man haar susterskind vir geld molesteer.

Die 23-jarige vrou het in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklagte van seksuele misdrywe, berig The Daily Voice.

Die vrou het glo ʼn maand gelede haar twee susterskinders, onderskeidelik drie en 10 jaar oud, uit hul huis in Witsand gelok. ʼn Man het naby die huis by ʼn brug gewag en glo R200 betaal om aan die 10-jarige te vat, terwyl die driejarige toegekyk het.

“My suster gebruik tik, dit is tik wat haar sulke goed laat doen het. Sy verkoop haar liggaam vir geld,” het die ma van die kinders gesê.

Die saak is tot 25 Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

michelle ·

die vrou is fokken mal. Stuur haar tronk toe dat hulle haar daar verkrag en kyk hoe dit voel. Die Here slaap nie hy sien wat sy aan daai arm klein kinders doen.

Dikkes ·

Die arme kinders. Ja wel die ding is duidelik getik van al die tik. Sluit haar toe, saam so paar “honger” tronk voëls.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.