Vrou lewe nog ná hamer-aanval

Edwin Cruywagen, wat sy vrou glo met ‘n hamer aangeval en vir dood agtergelaat het, het Vrydag in die Nelspruit-streekshof verskyn.

Cruywagen, wat tans op R1 000 borg vrygelaat is, se saak is tot 11 November uitgestel.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Francis Cruywagen, op 21 Junie 2011 met ‘n hamer aangeval het. Landdros Michael Mazibuko het gesê Cruywagen staar ‘n klag van poging tot moord en nie moord soos voorheen gedink is nie, in die gesig. Hy sê die assessors op die saak het aangeneem dat Francis dood is, aangesien haar kinders haar uit die hospitaal verwyder en na ‘n onbekende plek geneem het.

Twee getuies het ook aangeneem sy is dood en so gesê toe hulle vroeër in die hof getuig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Ek haat en verafsku enige man wat ‘n vinger op ‘n vrou le – wat nog te se ‘n hamer ?

‘n Sleg witmens is slegter as ‘n sleg nerf.

Seg Net ·

Mans wat vrouens mishandel op watter wyse ook al soos aanrand, fisies, verbaal, “stalk”, oproepe sonder om te praat, onwelkome sms, beledig, of maak nie saak hoe nie is ‘n hond en kan nie ‘n man genoem word nie. Los vrouens uit indien hulle nie in jou belangstel nie. Skei van haar, breek die verlowing of vriendskap en los haar in vrede.

Johann ·

Ek haat ‘n vrou wat ‘n man treiter en hom mishandel!
Ek haat ‘n vrou wat ‘n opsessie het oor ‘n man en hom nie wil uitlos en tot die besef kom dat die verhouding of huwelik tot niet is!
Ek haat dit as ‘n vrou die kinders teen die man afspeel!
Ek haat dit dat daar altyd die man die skuld gegee word want meeste van die tyd is die vrou te lamsakkig om te erken dat sy die skuldige is!
So ‘n lae en ‘n gemene vrou is ‘n stuk gemors!

Seg Net ·

Johan jy is lyk my deur ‘n moeilike tyd. Moet net nie laat die haat jou menswees oorneem en jy nie reg en oordeelkundige dade doen of goed seg nie. Sterkte maat ek glo dit kan net beter vorentoe. Vra net baie mooi moet nie dat jou haat in dade teen daardie vrou oorgaan nie, sy is dit nie die moeite werd nie.

Johann ·

Nou hoe dink jy een oomblik dat my dade teen daardie vrou en nie haar dade teen my? Jy weet bitter min van die lewe met alle respek gesê. Dis nie altyd die man wat dit doen, dis ook vrouens.Hulle is glad nie so onskuldig soos jy dink nie. Haal daardie oogklappe van jou oë af. Ek sal altyd vir die man ook opkom siende dat ‘n paar op forums dit nie doen nie. Verdra my in die toekoms op forums want ek gaan my uitspreek.

Trippie ·

Johann : Ek het jou boodskap op die Boeremaglid ook gelees, en ek weet jy verwys hier ook na my. Ek hou geen wrokke teen enige persoon nie, maar ek wil jou graag hier antwoord.

As ek (en SegNet) die regte afleiding maak, het jy ‘n uiters onaangename ervaring met jou vrou (of ‘n vrou) gehad. Ek verstaan 100% waardeur jy gaan, of nog steeds gaan. Ek weet daar is vrouens wat situasies uitbuit, net omdat hulle “kan” … waarmee ek hoegenaamd NIE saamstem nie. My siening oor ‘n vrou wat haar hand lig vir ‘n man – (ek sal NOOIT my siening hieroor verander nie) – as sy haar soos ‘n mannetjies-vrou wil gedra, MOET SY ‘N KLAP TERUG VERWAG. ‘n Dame tree nie so op nie.

Ek ken nie jou omstandighede nie, maar ek verstaan hoekom jy so voel. Onthou net, nie almal is so nie, moenie jou vertroue in die teenoorgestelde geslag verloor nie. Daar is nog goeie, ordentlike dames, dieselfde met die manlike geslag.

BAIE STERKTE VIR JOU EN EK BEDOEL DIT UIT MY HART !

Johann ·

Dankie ek waardeer dit. Wees net geduldig wanneer ek opkom vir die manlike geslag. Daar is baie goeie mans in die wêreld wat hulle wederhelftes op die hande dra maar hulle goedheid word uitgebuit.

Peter Vonk ·

Johann,
Hier is goeie raat my maat.My wyse vader het my geleer,moet nooit n vrou probeer verstaan nie want jy sal nooit kan nie.Gee vir hulle net liefde.Dit oorwin alles,regtig n wenresep.

Johann ·

Nee wat Peter met daardie een met alle respek gesê het hy gefaal. Jy het ‘n goeie ma gehad dis hoekom hy so gesê het. Dankie vir die raat maar nee dankie vir daardie een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.