Vrou lieg oor haar ontvoering

‘n Vrou van Queenstown het in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn waar sy van poging tot uitbuiting skuldig bevind is.

“Die vrou en haar kêrel wou Oukersdag kontant by ‘n bank in Govan Mbeki, Port Elizabeth, onttrek, maar moes eers klaring by die bankbestuurder kry weens die groot bedrag,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het in die bank gewag, en die vrou het die bank verlaat.”

Volgens Janse van Rensburg sê die man het minute later ‘n telefoonoproep ontvang dat die vrou ontvoer is, en dat hy ‘n losprys van R50 000 moet betaal. Die man kon dit egter nie bekostig nie, en het met die Humewood-polisie in verbinding getree, berig AlgoaFM. Die polisie het die oproep nagespoor en dit het hulle weer tot by die vrou gelei. Die vrou is in hegtenis geneem en sy het in die hof skuldig gepleit. Sy het ‘n opgeskorte vonnis ontvang.

Bron: Algoa FM
Klik hier om die oorspronklike berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.