‘n 32-jarige vrou van Brits in die Noordwes-provinsie is met ‘n byl vermoor.
Ao. Morake Lehbye, woordvoerder van die polisie, sê die Zimbabwiese vrou van Mmakau, naby Brits, is Woensdagaand, vermoedelik deur haar Mosambiekse vriend, met ‘n byl in haar nek en oor haar kop gekap. “Die paartjie se twee dogters, onderskeidelik sewe jaar en agt maande oud, is glo ook met swaar voorwerpe op hul koppe geslaan,” het Lehbye gesê. Die dogtertjies is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die polisie is op soek na die aanvaller.