Vrou met dagga aangekeer

‘n 24-jarige vrou is in Beaufort-Wes aangekeer met dagga ter waarde van sowat R260 000.

Die vrou het in ‘n wit voertuig op die N1 gery toe die polisie haar aangekeer het, berig EWN. Sy het 19 sakke dagga in haar besit gehad. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie sê die vrou het reeds in die landdroshof in Beaufort-Wes verskyn. Die saak is tot 21 Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.