Vrou met gebreekte bierbottel gedreig, verkrag

Argieffoto.

ʼn 19-jarige vrou is oor die naweek in Limpopo met ʼn gebreekte bierbottel gedreig waarna sy verkrag is.

Volgens kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, was die vrou en haar kêrel Saterdag omstreeks 18:00 onderweg na haar huis in Magogoe naby Mmabatho toe ʼn 20-jarige man die paartjie genader het. “Die verdagte het aan die slagoffer begin vat. Haar kêrel het hom probeer slaan, maar die verdagte was te sterk vir hom en het hom oorweldig. Die vrou het probeer weghardloop, maar is deur die verdagte ingehaal. Hy het gedreig om haar met die gebreekte bierbottel te sny en haar na sy huis geneem waar hy haar glo verkrag het,” het Makau gesê.

Die verdagte is later in hegtenis geneem en moet binnekort in die Mmabatho-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.