Vrou met hamer doodgeslaan

ʼn Vrou van Edenvale aan die Oos-Rand is Sondag in haar huis met ʼn hamer doodgeslaan terwyl haar man verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

LookLocal berig dat die voorval by ʼn huis in Hulyvale plaasgevind het. Lt. kol. Robbie Roberts, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou en haar man was tuis toe ʼn man die huis binnegekom het en die egpaar begin aanrand het. Roberts sê die vrou, in haar 20’s, is op die toneel dood verklaar. Die vrou se man het die aanval oorleef en is in die hospitaal opgeneem vir behandeling. Robberts sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die moordenaar moontlik aan die egpaar bekend was. Hy wou geen verdere besonderhede bekendmaak nie. Volgens die berig is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.