Vrou met Kongo-koors in W-Kaap-hospitaal

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou wat vir Kongo-koors by die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes in die Wes-Kaap behandel word, is ʼn geïsoleerde geval, het hospitaalbeamptes Sondag gesê.

“Die vrou word in isolasie gehou en daar is in hierdie stadium nie ander gevalle by die kliniek nie,” het Nadia Padayachi, streeksbemarkingsbestuurder van Medi-Clinic Vergelegen, gesê.

Die 39-jarige vrou het glo Kongo-koors gekry nadat ʼn veelkleurige bosluis haar gebyt het. Sy is meer as ʼn week gelede in die hospitaal opgeneem en sy is in ʼn stabiele toestand.

Mense met Kongo-koors het griepsimptome en bloeding.

Volgens die wêreldgesondheidsorganisasie Crimean-Congo word dit hoofsaaklik na mense oorgedra van bosluise en vee. Mens tot mens-oordrag kan gebeur wanneer iemand in aanraking kom met ʼn besmette persoon se bloed, uitskeiding, organe of ander liggaamsvloeistowwe. Daar is nie ʼn entstof vir mense of diere beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.