Vrou met panga aangeval

Die panga waarmee die vrou aangeval is. Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Vrou van Kempton Park aan die Oos-Rand is vroeër die maand buite haar werkplek deur ʼn man met ʼn panga aangeval.

LookLocal berig dat die ma van twee verlede week deur ʼn Mosambiekse man aangeval is en beserings aan haar kop, arms, rug en bobene opgedoen het. Die vrou moes 47 steke kry. Die vrou sê sy het haar aanvaller gereeld buite hulle kantore opgemerk en het hy verskeie kere vir werk gevra. Sy het ook by een geleentheid vir die man kos en klere gegee. Verlede Donderdagoggend het die man haar met ʼn panga aangeval nadat sy by die werk aangekom het. Esther Vilikazi, ʼn werknemer van die vrou, het die aanval aanskou. “Ek het eers gedink hy slaan haar met ʼn basketbal kolf. Dit was eers toe ek die bloed sien dat ek besef het wat hy vashou. Ek het probeer om hom van haar af te trek maar hy het my met die steel van die panga geslaan.” Mense wat in die omgewing werk het die vrou se noodkrete gehoor en haar te hulp gesnel. Hulle kon daarin slaag om die man van haar af te trek en te ontwapen. Die man is in hegtenis geneem terwyl die vrou na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling. Die man het reeds in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.