Vrou met vuurmaakhout doodgeslaan

ʼn Vrou is dood nadat haar kêrel haar glo met ʼn stuk vuurmaakhout aangerand het in Mooinooi buite Brits, Noordwes.

“Die slagoffer het oop wonde aan haar nek, haar kop en op haar skouers gehad. Sy het ook van haar linkeroor gebloei,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. Die 43-jarige vrou en haar kêrel het glo Vrydagaand stry gekry by haar ouers se huis toe hy haar aangeval het. Sy is op die toneel dood verklaar. Makau sê die vrou se kêrel het gevlug na die aanval en is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.