Vrou in moeilikheid wat siek pa hospitaal toe neem

Argieffoto

Argieffoto

‘n Koeweitse vrou wat haar siek pa na ‘n hospitaal in Saoedi-Arabië wou neem, is aan die Saoediese kant van die grens in hegtenis geneem omdat sy die voertuig bestuur het.

Vroue word nie in Saoedi-Arabië toegelaat om te bestuur nie.

Die vrou woon aan die Koeweitse kant van die grens  waar burgers van die twee lande vryelik oor kan beweeg.

Die vrou is na haar inhegtenisname nie toegelaat om haar pa, ‘n diabeet, hospitaal toe te neem nie. ‘n Ondersoek is ook na die vrou se “misdryf” ingestel.

Die voorval kom ‘n week nadat verskeie vroue in Saoedi-Arabië die verbod op vrouebestuurders uitgedaag het deur self te bestuur en video’s daarvan op YouTube te plaas. Altesaam sestien is in hegtenis geneem en met $80 beboet.

Bron: Kuweit Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.