Vrou moet op sypaadjie geboorte skenk

Verpleegsters by ‘n kliniek in Soshanguve het ‘n vrou, wat geboorte op die sypaadjie moes skenk, eers begin help nadat die polisie ontbied is.

Die verpleegsters het glo vir langer as ‘n uur die vrou, Nomsa Mathebula, ignoreer, berig EWN. Mathebula het verlede week Donderdag gekraam. Dieselfde verpleegsters het die vrou vroeër na ‘n groter hospitaal verwys en beweer dat hulle haar nie kan help nie, omdat haar bloeddruk te laag was. Mathebula het ‘n paar meter buite Soshanguve Kliniek ineengestort. Onicca Bapedi het tot die vrou se hulp gesnel.

Bapedi sê ten spyte daarvan dat hulle die verpleegsters aanhou roep het om the help, het Mathebula net daar op die sypaadjie gekraam. Toe die omstanders begin skree dat die baba nie asem haal nie, het hulle ook die verpleegsters probeer ontbied. “Ek het almal begin roep, ek het geskree. Ek het ook paniekerig begin word, maar niemand wou help nie. Hulle het net na my staan en kyk,” het Bapedi gesê.

Bapedi het die polisie ontbied, en eers toe hulle opgedaag het, het die verpleegsters die vrou kom help.

“Een van hulle het gesê dit is nie hulle verantwoordelikheid as iemand buite hulle perseel is nie,” het Bapedi bygevoeg.

Die departement van gesondheid in Gauteng het nog nie kommentaar gelewer nie.

Lees ook:
Ma en baba sterk aan ná sypaadjie-geboorte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.