Vrou moet opdok na sy met werkgewer se geld dobbel

dobbelDie hooggeregshof in Pretoria het ʼn vrou, wat glo haar maatskappy se geld gebruik het om aanlyn te dobbel, beveel om R2,3 miljoen aan die niewinsgewende organisasie terug te betaal, berig die Saturday Citizen.

Volgens die berig is die bevel teen Lizette Stassen gemaak ten gunste van haar voormalige werkgewer OUT, ʼn niewinsgewende gay-regte-organisasie. OUT het aan die koerant gesê Stassen het skuldig gepleit op die 174 aanklagte van bedrog en diefstal teen haar. Stassen het van 2006 af vir die organisasie gewerk maar het in 2012 bedank nadat die bedrog aan die lig gekom het. Die organisasie beweer dat Stassen tussen 2007 en 2010 meer as R2,6 miljoen van hulle geld spandeer het deur tjeks te vervals en internetbetalings aan haarself te doen. Sy het glo ook die organisasie se kredietkaart gebruik om aanlyn te dobbel en vakansies te bespreek. Stassen het glo erken dat sy die geld gesteel het maar weier glo om dit terug te betaal. Sy sal na verwagting volgende week gevonnis word, aldus die berig

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.