Vrou moontlik weens taxi-geweld geskiet

Die foto is deur @Roodekranswatch op Twitter gelaai.

Die foto is deur @Roodekranswatch op Twitter gelaai.

ʼn Vrou van Johannesburg is Dinsdagoggend in Roodepoort geskiet in ʼn voorval wat moontlik aan taxi-geweld verbind kan word.

Hoof.supt. Wayne Minnaar, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die vrou is deur ʼn groep mans wat lukraak begin skiet het, gewond.

Die skietery het by die kruising van Ontdekkersweg en CR Swartrylaan in die Wes-Rand plaasgevind.

“Die beseerde vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en vier minibustaxi’s is beskadig,” het Minnaar gesê.

Konst. Vincent Mashiteng, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is op soek na drie mans wat in ʼn blou Toyota Corolla ná die skietery van die toneel gevlug het.

Hy het gesê die drie verdagtes het langs die pad geloop toe hulle lukraak op die taxi’s en ander verbygaande voertuie losgebrand het.

“Ten minste 10 skote is afgevuur, een daarvan het die vroulike motoris getref,” het Mashiteng gesê.

Niemand in die taxi’s is beseer nie.

Die moontlikheid word ondersoek of die skietery verband hou met ʼn skietvoorval wat Maandag in Diepsloot plaasgevind het. Dit volg nadat taxi-bestuurders begin staak het. Hulle dring daarop aan om taxi-base te word.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Trippie ·

“Dit volg nadat taxi-bestuurders begin staak het. Hulle dring daarop aan om taxi-base te word.”

**

Kyk, ek dink ek moet ook staak by my werk, en aandring om baas (vennoot) te word ! En as ek nie my sin kry nie, dan trek ek weg met vuurwapen en skiet !

**

Hierdie spulletjie het eerlikwaar geen verstand nie – nie eers een breinsel wat in ‘n werkende toestand is nie.

Justi ·

Trippie ek stem saam. Hulle het seker nie hulle eie taxi’s nie en wil absoluut alles wat ander voor gewerk het, en duisende rande soms miljarde rande net eenvoudig oorneem en he! Dis absurd!

Justi ·

Nee wat Justi….hou op tik! Hahaha” gewerk en betaal het voor”. Die foute wat vandag ontstaan is seker maar die stress wat my beetkry oor al die gagas in die land.

Trippie ·

Justi, is dit jou gebruikersnaam of jou regte naam – dis pragtig !

Justi ·

Vreeslik die skiettery! Geen lewe is enigiets werd nie! Alles maar alles MOET met geweld gedoen word. Die vet weet waarom.

Trippie ·

Jy is reg … ALLES gaan met geweld gepaard, nie soos opgevoede mense hul misnoeë beskaafd uitspreek / aanspreek nie, die meer geweld gebruik word, die meer “skep hulle indruk” ! Afrika-mentaliteit.

vuurvreter ·

Trippee ek stem. Maar ek wil die eienaar van krygkor of Denel word. Ek sal dan vir jou n spesiale present stuur.

Susanna Magrieta Botha ·

Ja kom ons doen dit hulle kry dit reg.Ek hou nogal van die baas (venoot) een.Dink net die salaris wat jy sal kry,en die winste.Hoekom werk as jy net kan staak en betaal word

Maggie ·

Dit is belaglik, ek het nie meer ‘n baas nie. Wonder wat gaan ek nou doen, die uitvinder van wonder bra aantree miskien. Hehe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.