Vrou ná rusie deur twee honde verskeur

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee honde haar Vrydag in Springs, oos van Gauteng, aangeval het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het omstreeks 09:00 plaasgevind.

“Die vrou is by die huis waar sy gewerk het aangeval. Daar was twee ander mense saam met haar. Sy was besig om wasgoed op te hang toe daar ʼn rusie tussen die vrou en die ander twee persone ontstaan het. Die struweling het glo veroorsaak dat die honde al drie die persone aangeval het,” het Botha gesê.

Volgens Botha is die ander twee mense ook tydens die aanval beseer, maar hulle het weggehardloop voor die polisie of nooddienste op die toneel gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.