Vrou ook dood ná plaasaanval

Die vrou wat op ‘n plaas tydens ʼn rooftog langs haar man in hul bed geskiet is, is Donderdagaand in die Limpopo Medi-clinic, in Polokwane, oorlede.

Gloudien van Rensburg (65) is ernstig gewond en haar man Johan (77) doodgeskiet nadat hulle op 20 Junie deur vier mans op hul plaas, Cosmopolite naby Baltimore in die Tolwe-omgewing, in hul huis oorval is. Gloudien was sedert die voorval in die Medi­clinic. Sy was van haar bors af ondertoe verlam. Johan is verlede week begrawe.

Sy het glo vroeër die week ’n beroerte gehad, berig Beeld. Haar bloeddruk het Donderdag erg gedaal en dokters het haar kinders, Hanno, Irmi en Gloudie, gister na die hospitaal ontbied.

Samuel Machoga (32), Jonathan Mafifi (29), Elvis Kobe (23) en Marcus Sithole (43) is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

‘n Dood vir ‘n dood. As die doodstraf nog in plek was, sou misdaad en moord nie so handuit geruk het in ons land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.