ʼn Bejaarde blommeboer van Wakkerstroom in Mpumalanga was vir drie nagte en twee dae in die kattebak van haar motor toegesluit nadat sy deur ʼn huisrower daarin geboender is.
Beeld berig dat Brenda Carter (80) gedeeltelik verlam is nadat sy ʼn beroerte in die kattebak gekry het. Carter is eergisteroggend gevind nadat ʼn deel van haar serp wat by die Mercedes-Benz se kattebak uitgesteek het ʼn werker se aandag getrek het. Carter is glo omstreeks 19:00 Vrydagaand oorval nadat sy by haar huis aangekom het. Sy is glo aangerand voor sy in die kattebak geboender is. Carter se seun, David (50), sê sy ma kan sedert die voorval nie meer praat nie. “Die motor was buite geparkeer. Dit was by tye tot -7 °C, maar sy het die koue oorleef. Sy het geen kos of water by haar gehad nie, maar het die ontwatering tog oorleef. My ma is ’n sterk ou vrou.” Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die dagblad gesê ’n 25- jarige man is in verband met die rooftog in hegtenis geneem.
Lees meer hier.