Vrou oorleef ná oudpolisieman haar 9 keer skiet

Nico Kukkuk, ʼn voormalige polisiebeampte van Pretoria, het Sondag sy vriendin, Ena Berger, nege keer geskiet en toe homself.

Die voorval het plaasgevind terwyl die vrou se 13-jarige dogter in hul huis in Montana was. Kukkuk, ’n voormalige luitenant-kolonel en bevelvoerder van die Sinoville-polisiestasie, en Berger het Sondag glo ʼn rusie gehad, berig Beeld.

Na wat verneem word, het Kukkuk Berger na die slaapkamer van hul huis in Montana geneem terwyl haar 13-jarige dogter in die sitkamer gesit het. Skote het daarna geklap en Berger het om hulp geroep. Haar dogter wou die kamerdeur glo met ’n hokkiestok probeer oopkap, maar kon nie daarin slaag nie. Sy het die buurman se hulp ontbied wat die deur oopgeskop het.

Kukkuk is op die toneel dood verklaar en Berger is na die Montana-hospitaal gehaas. Sy het sedert Sondag al meer as een noodoperasie ondergaan en is tans in ʼn stabiele toestand in die Montana-hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.