Vrou oorleef val oor krans in Clifton

Foto: ER24

ʼn Vrou het oorleef nadat haar motor 150 meter ver teen ʼn krans in Clifton, Kaapstad afgestort het.
Die vrou, wat glo in haar 30’s is, het vroeg Saterdagoggend beheer oor haar motor verloor, sê Derrick Banks, woordvoerder van ER24. Die motor het oor die kant van die krans gestort en in iemand se agterplaas, tussen ʼn muur en ʼn rots, op sy sy te lande gekom.
“Toe nooddienspersoneel op die toneel kom, het die bestuurder reeds uit die motor geklim,” het Banks gesê.
Hulle het haar ondersoek en behandel vir vermoedelike nek- en rugbeserings en gebreekte ribbes. Sy is later hospitaal toe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.