Vrou op plaas vermoor

ʼn 64-jarige vrou is Sondag deur ʼn jeugdige met ‘n skerp voorwerp doodgesteek op ʼn plaas buite George in die Suid-Kaap.

ʼn Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê die 16-jarige seun het glo omstreeks 2:00 Sondagoggend toegang tot die plaashuis verkry deur ʼn kombuisvenster. Charlotte Froneman het wakker geword van die geraas en wou ondersoek instel toe sy herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Froneman se man het wakker geword en met ʼn vuurwapen na die eetkamer gegaan waar die geraas vandaan gekom het. ʼn Bakleiery het uitgebreek en Froneman is ook met die skerp voorwerp gesteek. Hy kon egter daarin slaag om ʼn paar skote af te vuur en die inbreker te wond. Pojie sê die jeugdige is in die gesig en skouer geskiet. Hy het probeer vlug maar is ʼn ent van die plaashuis deur die polisie in hegtenis geneem. Charlotte is op die toneel dood verklaar terwyl haar man in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is. Die verdagte is ook in die hospitaal opgeneem onder streng polisiebewaking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre Muller ·

Gaan die arme man wat die “bloedjie” geskiet het nou nog van poging tot moord aangekla word, of gaan die SAPS uiteindelik ‘n rug graat groei en die man bedank vir wat hy gedoen het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.