Vrou roep ‘moordenaar’ se naam uit

ʼn Vrou het glo haar vermeende moordenaar se naam uitgeroep voordat sy verkrag en keelaf gesny is.

Sers. Philani Nkwalase, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou het saam met haar blinde pa in Makwassie naby Wolmaransstad, Noordwes gewoon. Die vrou se pa het Maandagaand gehoor hoe sy ʼn man se naam uitroep. Hy het egter nie besef wat aangaan nie en verder geslaap. ʼn Vriend van die vrou het haar Dinsdagoggend kom besoek en op haar liggaam afgekom. “Die vriend het die oorledene in ʼn plas bloed in haar kamer gevind met haar keel afgesny.” ʼn Mes en twee gebruikte kondome is naby die vrou se liggaam gevind. Die vrou se pa het die naam wat hy haar hoor uitroep het aan die polisie verskaf en die polisie het die man in hegtenis geneem. Die vermoorde vrou se selfoon is in sy besit gevind. Die man is in September tot ʼn jaar tronkstraf gevonnis vir roof maar is later onder korrektiewe toesig vrygelaat. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.