Vrou ry in KZN-huis vas

Foto: ER24

‘n Vrou in haar laat 20s is beseer nadat sy Saterdag in Montclair, KwaZulu-Natal, beheer oor haar voertuig verloor, en in ‘n huis vasgejaag het.

“Die vrou het deur die huis in Kenyon Howdenweg gebars en teen die fondasiemuur van ‘n woning tot stilstand gekom,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. “Die vrou het matige beserings opgedoen.”

“Paramedici is ontbied en die motor het teen die muur gerus. Die bestuurder het buite op die gras langs die motor gesit,” het Banks bygevoeg. “Paramedici het haar ondersoek en vermoed dat sy nek- en rugbeserings opgedoen het. Sy is op ‘n gespesialiseerde draagbaar geplaas voordat sy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.”

Dit is nog nie duidelik waarom die vrou beheer oor die voertuig verloor het nie. Plaaslike owerhede was ook op die toneel en sal die ongeluk verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.