Vrou se liggaam by skool gekry

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die verminkte liggaam van ʼn vrou by ʼn skool in Durban, KwaZulu-Natal gevind is.

Lt. Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê die 29-jarige vrou is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek waarna haar maag oopgesny is. Mdunge sê die vrou se verminkte liggaam is omstreeks 20:00 Saterdagaand by die skool in Umlazi gevind. Hy sê die polisie wag op die uitslag van die nadoodse ondersoek ten einde vas te stel of die vrou verkrag is. Mdunge sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.