Vrou se liggaam glo in rioolpyp gevind in Mooikloof

Die foto is deur die gebruiker @barrybateman op Twitter gelaai.

Die polisie het aan Maroela Media bevestig dat hulle begin soek het na die liggaam van ʼn 55-jarige vrou by die Mooikloof-kantoorpark, oos van Pretoria.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê veiligheidswagte by die Mooikloof-kantoorpark het Donderdagoggend die polisie ontbied nadat hulle patroondoppies en ʼn bloedspoor in die parkade gevind het. Tsinyane sê die vrou het nie Woensdag by die werk uitgeteken nie. Die polisie het glo ʼn bloedspoor gevolg wat na ʼn rioolpyp langs die gebou gelei het. Volgens berigte is die vrou se liggaam in die rioolpyp gevind. Tsinyane wou dit egter nie in die stadium bevestig nie. Sy het wel bevestig dat die vrou se motor vermis word. Die vrou se familie is op die toneel. Die polisie kan egter nog nie die vrou se naam bekendmaak nie. Die Mooikloof-kantoorpark is geleë op die hoek van Atterbury- en Jollify Mainweg, reg by die ingang na die Mooikloof-veiligheidskompleks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.