Vrou se liggaam in Hercules gevind

Die liggaam van ʼn vrou is Donderdag langs die Mabopane-hoofweg naby die Zandfontein-begraafplaas in Hercules, wes van Pretoria gevind.

Kapt. Amos Msimango, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou, tussen 20 en 30 jaar oud, het ʼn skietwond aan haar kop en linkerarm gehad. Twee verbygangers het Donderdagmiddag op die liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel. Die polisie het ammunisie op die toneel gevind. Die vrou het ʼn denimkortbroek, ʼn blou hemp, grys baadjie, swart skoene en ʼn goue armband aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.