Vrou se lyk in asblik gevind

Argieffoto.

Die liggaam van ʼn 21-jarige vrou is gister in ʼn asblik in haar huis gevind.

Volgens Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, is die gru ontdekking in Jouberton, Noordwes, gemaak. “Die slagoffer, Elizabeth Phokompe, se ma werk as ʼn huishulp en bly by haar werkgewers in Klerksdorp. Die vrou het begin bekommerd raak nadat sy sedert Donderdag nie haar dogter op haar selfoon in die hande kon kry nie,” het Funani gesê.

Haar ma en bure het Vrydag na haar begin soek en  ʼn vreemde reuk van die asblik, wat in ʼn buitekamer weggesteek is, geruik. “Hulle het die asblik oopgemaak en Phokompe se liggaam daarin gevind,” het Funani bygevoeg. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.