Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ʼn ondersoek begin na ʼn vrou se lyk in die kelder van die Addington-hospitaal in Durban gevind is.
Die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sibongiseni Dhlomo, sê dit het reeds aan die lig gekom dat die vrou nie ʼn pasiënt by die hospitaal was nie. Dhlomo sê die polisie en ʼn span forensiese deskundiges sal die oorsaak van haar dood ondersoek. Veiligheidswagte het die liggaam van die vrou, glo in haar 30’s, Donderdagoggend gevind. Die polisie ondersoek die saak.