Vrou se lyk in waterpyp opgespoor

Claudi van der Merwe (33) se liggaam is oor die naweek in ʼn waterpyp aangetref op ʼn plaas in Breyten, Mpumalanga.

“ʼn Plaaswerker het Saterdagoggend iemand se arms by ʼn waterpyp sien uitsteek,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Maandag gesê. “Hy het sy werkgewer in kennis gestel wat toe die polisie ontbied het.”

Van der Merwe was gedeeltelik naak en haar keel afgesny. Twee swartsakke is naby haar liggaam aangetref en daar word vermoed dat dit moontlik gebruik is om haar liggaam na die waterpyp toe te dra.

Hlathi sê haar Kia Picanto is drie kilometer verder opgespoor. Sy is Vrydagmiddag laas by ʼn gastehuis in Hendrina, waar sy gewerk het, gesien.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.