Vrou se ontbinde liggaam langs begraafplaas gevind

Die polisie ondersoek die dood van ʼn 39-jarige vrou wie se ontbinde liggaam Vrydag in ʼn veld langs ʼn begraafplaas in Botshabelo gevind is.

Konst. Consolation Mokoale, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het Maandag gesê ʼn skaapwagter het op die vroue se liggaam afgekom en die polisie ontbied. “Die vrou het erge beserings aan haar voorkop en op haar liggaam gehad. Dit wil ook voorkom of die vrou verkrag is voor sy doodgemaak is,” het Mokoale gesê.

Die vrou is as Sekamothlo Annah Likotsi geïdentifiseer. Sy is van Ladybrand en was verlede Dinsdag vir die laaste keer gesien toe sy onderweg was na Bloemfontein, waar sy werk.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.